Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "liefdeswoord" deur ANTJIE KROG
"liefdeswoord" deur ANTJIE KROG [boodskap #36060] So, 05 November 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

liefdeswoord
Antjie Krog

liefde is so n dun woord
vir wat drie en twintig jaar tussen man
en vrou lê - dun armsalig woord

kyk hoe weerloos begin die letter l
(sonder die steun van alleen)
kyk hoe yl die ie
hoe agter die ruising van l en f
(twee riete snipperend in die wind met i)
hoe moeisaam tand en lip van f se oorgawe
terugrem na tand-en-tong
in die dompelende dofdooie - d
en terugval
terugval
na ontronde, onteerde, ontroerde (e)

lief - (de)
liefde

tussen die ruisende frikatiewe
flikker geen gehawendheid
geen afranseling van drome
geen hert jags in dorre streke nie
geen dolk delf die rug nie

liefde is so n effe arme woord
vir wat ons hier het
ons hyg deur dieselfde strot
ons teer aan dieselfde klier
ons bestaan nie apart nie
ons skyt saam

en om alles te kroon
gee die rankheininkie van die woord liefde
geen aanduiding
dat ons mekaar tot bloedwordens toe beveg
en beveel en al bloeiende
mekaar ten gronde verag en bemin

( Uit: Kleur kom nooit alleen )
Re: "liefdeswoord" deur ANTJIE KROG [boodskap #38327 is 'n antwoord op boodskap #36060] Ma, 15 Januarie 2001 20:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ai, Antjie, in hierdie gedig van jou is so baie
waarheid en weinig versoening! Jy laat my glo
dat dié twee begrippe totaal onversoenbaar
is. En jy is mos 'n groot voorstander van
waarheid en versoening. Jou fontiek-lessie het
my soos alle fonetieklesse, vas aan die slaap
gesus. (Hoekom is alle fonetieklesse so goor?:)
Jou analise van die woordjie "liefde" adem 'n
gees van dissonante valsheid, want dit lyk my al te
veel dit was van die begin af 'n flop. Miskien
moes jy eerder oor 'n liefdesdaad as 'n liefdeswoord
geskryf het - meer om die lyf, sien:)) Liefde is 'n
doen-ding en 'n voel-ding. Jy het 23 jaar lê en wag
vir iets om te gebeur en toe gebeur dit nie! En toe skryf
jy 'n bitter gediggie vol sluimerende wraakgedagtes.
Die Praagse strukturaliste vertel so mooi
van die slaafse napratery in die letterkunde.
Hulle vertel ook van die sterk impak van
"history enacted" bo die blote oorvertellery
van 'n stukkie mislukte subjektiewe lewenservaring.

Maar so is die liefde, sien. Die spreekwoord sê mos
as die muis dik is, is die meel bitter. Ek gaan nou vir die
baie lesers op hierdie NG die geleentheid gee om eers
jou gediggie te lees, en daarna gaan ek net vir die
mossie Van Wyk Louw se Ballade van die Nagtelike
aanhaal. Interessantheidshalwe gee ek die Engelse
vertaling van William en Jean Branford. So moet gepraat
word van 'n mislukte liefde!!

liefdeswoord
Antjie Krog

liefde is so n dun woord
vir wat drie en twintig jaar tussen man
en vrou lê - dun armsalig woord

kyk hoe weerloos begin die letter l
(sonder die steun van alleen)
kyk hoe yl die ie
hoe agter die ruising van l en f
(twee riete snipperend in die wind met i)
hoe moeisaam tand en lip van f se oorgawe
terugrem na tand-en-tong
in die dompelende dofdooie - d
en terugval
terugval
na ontronde, onteerde, ontroerde (e)

lief - (de)
liefde

tussen die ruisende frikatiewe
flikker geen gehawendheid
geen afranseling van drome
geen hert jags in dorre streke nie
geen dolk delf die rug nie

liefde is so n effe arme woord
vir wat ons hier het
ons hyg deur dieselfde strot
ons teer aan dieselfde klier
ons bestaan nie apart nie
ons skyt saam

en om alles te kroon
gee die rankheininkie van die woord liefde
geen aanduiding
dat ons mekaar tot bloedwordens toe beveg
en beveel en al bloeiende
mekaar ten gronde verag en bemin

( Uit: Kleur kom nooit alleen )

BALLAD OF THE HOURS OF DARKNESS

Between eleven and two fifteen,
love bloomed itself away,
and now I sit half-sober,
lost at the break of day.

Somewhere on cool verandah steps
a tap gleams faintly, when
I sit through the hours of dark and thirst
between midnight and morning at ten.

At eleven, thirst and hunger
held me your body's thrall,
as your crooked paper hat
glided across the hall.

At twelve, you were a fragile bridge,
a high perilous span,
above my small bewilderment
where pain and death began.

At one, your hair was an evil
noose in my fingers' clasp,
your body like still black water,
and your breathing like a gasp.

And now on the steps by the tap,
the morning light has burst
to spil me over its glass's rim
in the hour of dark and thirst.

(Uit Afrikaans Poems with English Translations
Edited by A.P.Grové & CJD Harvey
Oxford Paperbacks 1962)

Mooi, nê?
Re: "liefdeswoord" deur ANTJIE KROG [boodskap #38330 is 'n antwoord op boodskap #36060] Ma, 15 Januarie 2001 23:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Barrie Barnard praat oor en met Antjie Krog:

> Jou analise van die woordjie "liefde" adem 'n
> gees van dissonante valsheid, want dit lyk my al te
> veel dit was van die begin af 'n flop.
> En toe skryf
> jy 'n bitter gediggie vol sluimerende wraakgedagtes.
> ...'n mislukte liefde!!
>
>

Ek dink jy lees die gedig verkeerd. Daar word niegepraat van 'n
"mislukte liefde" nie, maar wel van
'n verhouding waar twee mense inmekaar ingegroei
het. Ek dink ook dit praat oor twee baie komplekse
mense wat 'n baie intense liefdesverhouding het.
Daar teenoor stel jy nou NP se amper platvloerse
"liefde" in die "Ballade van die Nagtelike Ure."

Ons liefde het uitgeblom
tussen elfuur en kwart oor twee -
hier sit ek onder die dagbreek
half-nugter en verlee...

Ek dink jy werk hier met appels en lemoene.
Het jy al NP se onlangse biografie gelees? Hy was
maar 'n bietjie van 'n vlinder, né?

Gloudina
Re: "liefdeswoord" deur ANTJIE KROG [boodskap #38352 is 'n antwoord op boodskap #36060] Di, 16 Januarie 2001 19:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina,

Antjie het 'n goeie (geloofwaardige) poging tot kunsteskepping
aangewend. Dit gee ek onvoorwaardelik toe. Miskien is my
siening effens "masculine" en vandaar die opsigtelike
aversie teenoor die kilheid in dié vermelde verhouding.

Van Wyk Louw se gedig is ook mooi. Ek het empatie met
sy emosie van "oor die rand van die glas". Ná 'n aand van
intense en passievolle betrokkenheid by sy vermelde ikone
(dans, 'n lieflike dame, ens) is daardie gevoel van "vose",
of versadigde passie en die meegaande antiklimaktiese
"eensaamheid" seker regverdigbaar. Daar is iets van
'n adolessente bewussyn ('n eerste gewaarwording)
op te merk in sy emotiewe aanslag. Dit kontrasteer met
die finaliteit, die verlooptheid, die mislukking, van Antjie se
23 leë jare. ( Ook maar net my subjektiewe siening, hoor!)

By die lees van die Engelse vertaling van "Ballade van die
Nagtelike Ure" het ek heimlik na die jeugjare verlang!!
Dit was ook mooi jare...

Barrie.

skryf in boodskap news:3A638F50.C4C0A95A@home.com...
Barrie Barnard praat oor en met Antjie Krog:

> Jou analise van die woordjie "liefde" adem 'n
> gees van dissonante valsheid, want dit lyk my al te
> veel dit was van die begin af 'n flop.
> En toe skryf
> jy 'n bitter gediggie vol sluimerende wraakgedagtes.
> ...'n mislukte liefde!!
>
>

Ek dink jy lees die gedig verkeerd. Daar word niegepraat van 'n
"mislukte liefde" nie, maar wel van
'n verhouding waar twee mense inmekaar ingegroei
het. Ek dink ook dit praat oor twee baie komplekse
mense wat 'n baie intense liefdesverhouding het.
Daar teenoor stel jy nou NP se amper platvloerse
"liefde" in die "Ballade van die Nagtelike Ure."

Ons liefde het uitgeblom
tussen elfuur en kwart oor twee -
hier sit ek onder die dagbreek
half-nugter en verlee...

Ek dink jy werk hier met appels en lemoene.
Het jy al NP se onlangse biografie gelees? Hy was
maar 'n bietjie van 'n vlinder, nê?

Gloudina
Re: "liefdeswoord" deur ANTJIE KROG [boodskap #38356 is 'n antwoord op boodskap #36060] Di, 16 Januarie 2001 20:26 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Barrie Barnard wrote:

> Gloudina,
>
> Miskien is my
> siening effens "masculine" en vandaar die opsigtelike
> aversie teenoor die kilheid in dié vermelde verhouding.
>

Ek dink nog dat jy die gedig van Krog verkeerd lees.
Sy het dit teen die woord "liefde" wat vir haar nie 'n
goeie woord is om te gebruik vir die intense verhouding
wat daar tussen 'n egpaar is wat al lankal bymekaar is
nie. Nadat mens haar gedig gelees het, hou jy daarvan
oor dat sy 'n intense verhouding met haar eggenoot het.
Een wat deur diepe waters gegaan het, gelouter is deur
baie jare, waar daar nou eintlik net een persoon is, nie
meer twee nie.
As mens die biografie van NP lees, kom jy onder die
indruk dat hy die soort verhouding met Truida (sy
tweede vrou gehad het) selfs al het hy af en aan 'n affaire
met Shiela Cussons gehad. ( Tot so 'n mate dat hy nie
wou hê dat Truida haar eie affairs kon hê, selfs al het hy
met Sheila saamgeleef nie.) Hy het dan ook nie van Truida
geskei nie, maar lateraan vir Sheila gelos. ( Sheila was die
vrou van Stoffel Nienaber, wat haar nog in Nederland
soos 'n warm patat gelos het en met Miep Luitingh getrou
het.)

Gloudina
Vorige onderwerp: Rit -Rympie
Volgende onderwerp: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 22:15:29 MGT 2024